|
Haaskos
Sept 1, 2006 4:54:47 GMT -5
Post by kollegeman on Sept 1, 2006 4:54:47 GMT -5
Ek was laas in Vryheid en ek kon nie ordentlike haaskos koop vir my hasie, McGuyver, nie. ek is g@tvol om so te sukkel
|
|
|
Haaskos
Sept 1, 2006 11:30:11 GMT -5
Post by Webmonstertjie on Sept 1, 2006 11:30:11 GMT -5
Haai, was jy al by die petshop gewees. Ek koop so een maal per maand haaskos. Funny nê, ek soek my weer vrek na hooi vir my marmotte!
|
|
|
Post by Weer Kollegeman on Nov 8, 2006 9:37:10 GMT -5
;D Ja-nee. Ek is bly om te hoor dat ek nie die enigste een is wat probleme met Vryheid se troeteldierwinkels nie. Hoekom stoot hulle nie net sommer die Markplein plat en bou 20 ordentlike nuwe troeteldierwinkels daar nie? ? Asseblief mense. Hoor my Pleidooi
|
|
|
Post by Trots on Nov 8, 2006 9:46:39 GMT -5
Ek weet waaragtig nie wat jy so sukkel nie, kollegeman. daar is haaskos van uiters hoë kwaliteit beskikbaar by enige ordentlike troeteldierwinkel in die dorp. Dalk soek jy nie op die regte plekke nie. Ek is die trotse eienaar van 2 opreg geteelde Suid-Belgiese Langnek Resieshase. Ek vind dat slegs die beste kos vir hul kan doen, en nou voer die een winkel vir my spesiale haaskos in van Indonesië af. Dit is nie so duur nie, en al wat jy hoef te doen is om 'n winkel te nader en navraag daaroor te doen. ...en hoekom maak jy nou weer die argumente oor die markplein oop!? Ek dog die storie is afgehandel man. Ek stem wel saam met jou, ontwikkel die markplein, maar is dit nodig om dit op hierdie forum te behandel? Komaan man, word wakker
|
|
|
Haaskos
Nov 13, 2006 6:20:30 GMT -5
Post by dingbat on Nov 13, 2006 6:20:30 GMT -5
Trots, as ons dit nie hier kan behandel nie, waar moet ons dan anders? Of het iemand weer op jou seer groottoon getrap? Ek stem saam dat alles in Vryheid nie so sleg is soos almal dit wil maak nie, after all, jy kan nie die plek met 'n stad vergelyk nie!
|
|