|
Post by tappie on Jan 29, 2007 5:57:18 GMT -5
Hallo almal, Ek was regtig jare laas in Vryheid en kan myself indink hoe dit moes verander het. Dit laat my wonder hoeveel van die plekke wat ek nog kan onthou, bestaan nog. Ek onthou die Munisipale swembad en die MOTH saal oorkant, die President Park agter die swembad, die markplein waar ons "kinderdag" gevier het, die Moedergemeente Klipkerk met sy monumente, die Polisiestasie, landdroskantore, museum en biblioteek, die Empire Theater, waar Mitchell se films kort-kort gebreek het, die Wimpy langsaan en nog vele ander plekke. Ek is in die Vryheid hospitaal gebore, het in Deputasie straat, Afrikaner straat, Landdrost straat en laastens in Hoog straat, langs die NLK gewoon. Ek het vir sakgeld kruideniersware vir kliente by Dee Bee supermark na hulle voertuie te dra. Jack Foti se haarkapper het my gereeld gesien en my ouma het vir jare by Dee Bee gewerk. Ek wonder nou net hoeveel van hierdie plekke bestaan nog. Is daar iemand wat my dalk kan sê?
|
|
|
Post by Gogga on Jan 30, 2007 10:14:59 GMT -5
Haai Tappie,
Ek sal mooi vir die Webmonster vra om 'n paar fouties van die plekke te neem en op die web te plaas.
Groetnis
|
|
|
Post by tappie on Jan 30, 2007 11:18:51 GMT -5
Baie dankie Gogga,
Dit sal nogal hoog op prys gestel word.
Groetnis,
|
|
|
Post by Webmonstertjie on Jan 31, 2007 1:11:28 GMT -5
Hello Tappie & Gogga,
Aangesien julle ouens so mooi vra sal ek 'n dag afstaan om net "foties" van die dorp te neem. Het enige iemand nog requests van plekke wat ek moet gaan afneem? Laat weet gerus, dan plaas ek dit vir julle.
Proesnis
Webmonstertjie
|
|
|
Post by tappie on Feb 1, 2007 15:31:35 GMT -5
Hallo webmonstertjie,
Dit sal nogal baie gaaf van jou wees. van die os op die jas, lyk my die forum is maar bietjie stadig of so nie is die meeste lesers maar skaam om van hulle te laat hoor.
Groete
Tappie
|
|
nunus
New Member
Posts: 5
|
Post by nunus on Feb 2, 2007 4:07:20 GMT -5
Hi Webmonstertjie
Any idea when the photo archive will be up and running. and are u still going to put a link to the vryheid herald on?
HAVE A GREAT DAY..........
|
|
|
Post by Webmonstertjie on Feb 4, 2007 2:51:28 GMT -5
Hi Nunus I'm still working on the archive. As for Vryheid Herald, they do not have a website (yet). I will make a proposal to them a.s.a.p. and keep you up to date with news on the subject. Cheerio Webmonster
|
|
|
Post by tappie on May 2, 2007 17:12:09 GMT -5
Hallo,
Ek was Paasnaweek Richards Baai toe maar het 'n punt gemaak om soontoe en terug deur Vryheid te ry. Die plek lyk net effens anders maar ek kon darem die meeste van my ou "haunts" nog kry en sien. Die besoek het weer soveel goeie herrinneringe opgediep en ek oorweeg dit om weer in Vryheid te kom bly sodra ek aftree.
|
|
Nukez
New Member
Posts: 2
|
Post by Nukez on Oct 10, 2007 8:00:07 GMT -5
Hi Tappie,
Vryheid se hoofstraat het maar klein veranderringe, as for die res van die plekke, mense en hul dinge met nuwe mure, hekke, skuif hekke, ens.
Anders nuwe besigheids plekke, en daaaaar booooo in die begin van stretch creshent (spelling?) is hul ook besig om te bou.
Besighede wat skuif van een plek na volgende. En ook die nuwe plek wat op kom waar die Groente Winkel was.... agter Checkers.
Oh en ja, lyk my die lesers is skaam om te reply of post. Eks al oud met post's. Net nie in VHD se posting nie. lol. "saix" en online forums ja.
Maar vir ander mense. AKA, Pionier en Vryheid Hoër en Landbou, matrieks, sterkte dude's and dudins... hehe.
Nukez
Wanne LAN? Then let's Duke it out in VHD!
|
|
Nukez
New Member
Posts: 2
|
Post by Nukez on Oct 10, 2007 8:06:28 GMT -5
Oh ja.... jammer my rekenaar se klok was verkeerd, dit was gepost teen 14:00... wie sal nou regtig teen 2am 'n thread wil post?... ek vra jul gamers veral .... Wanne LAN? Then let's Duke it out in VHD!
|
|
|
Post by TachHachich on Sept 16, 2020 11:26:17 GMT -5
slots online slots games <a href=" ****://onlinecasinouse.**m/# ">play online casino </a> real money casino online casino gambling
|
|