|
Post by annamarie on Jan 24, 2008 0:56:38 GMT -5
Hi ek is opsoek na die persoon wat dit gepos het asb, om my te help om die Coetzee en Viljoens van Deputasie straat Vryheid.
Dankie Stuur my n epos asb.
quote author=tappie board=general thread=1170068238 post=1170068238]Hallo almal,
Ek was regtig jare laas in Vryheid en kan myself indink hoe dit moes verander het. Dit laat my wonder hoeveel van die plekke wat ek nog kan onthou, bestaan nog.
Ek onthou die Munisipale swembad en die MOTH saal oorkant, die President Park agter die swembad, die markplein waar ons "kinderdag" gevier het, die Moedergemeente Klipkerk met sy monumente, die Polisiestasie, landdroskantore, museum en biblioteek, die Empire Theater, waar Mitchell se films kort-kort gebreek het, die Wimpy langsaan en nog vele ander plekke.
Ek is in die Vryheid hospitaal gebore, het in Deputasie straat, Afrikaner straat, Landdrost straat en laastens in Hoog straat, langs die NLK gewoon. Ek het vir sakgeld kruideniersware vir kliente by Dee Bee supermark na hulle voertuie te dra. Jack Foti se haarkapper het my gereeld gesien en my ouma het vir jare by Dee Bee gewerk. Ek wonder nou net hoeveel van hierdie plekke bestaan nog.
Is daar iemand wat my dalk kan sĂȘ? ??? [/quote]
|
|
|
Post by girl vannie valley on Apr 6, 2008 4:53:47 GMT -5
Hi Annemarie, Ja Vryheid het 'n paar goeie en nuwe veranderings ondergaan, maar ek het met nostalgie teruggedink toe ek jou post lees. Die ou empire bestaan lankal nie meer nie, wat langs die ou Wimpy was nie. Daar het 'n nuwe fliekhuis in die nuwe Spar Sentrum oopgemaak, maar is ook weer toegemaak. Daar is nou 'n groot Pick N Pay, die Polisie stasie is nog dieselfde, met 'n nuwe laag verf!!! Die hof het 'n hele gedaantewisseling ondergaan!! Dee Bee..... wie sal dit ooit vergeet, net iemand wat weet van die plek sal die heimwee en lekker rondloop in die amper donker koek gange onthou.... NLK is nog NLK vir ons boere, maar dit is natuurlik nou Natal Afgri. Die klipkerk is nog solied, met mooi heinings om. Die ou Checkers is vervang deur 'n splinter nuwe een waar die ou OK Bazaars was en later NCD geword. Wel daar is te veel nuwe goeters om op te noem!!! Jy sal maar self eendag as dit moontlik is moet kom kyk.. Een ding wat baie uitgebrei het is die kerkhof. Wel groetnis, Girlvannnievalley
|
|